top of page
rassie117

Bewus van die Heilige Gees

Ons Skrifgedeelte gaan vandag oor Galasiers 5:13-26, die werk van die Heilige Gees. Om 'n volwasse Christen te wees kom nie vanself nie. Ons moet onsself opvoed soos mens 'n kind opvoed om die regte besluite te neem en die moeilike keuses te maak. God drie-enig werk in ons om meer en meer Sy karakter uit te leef in die wereld maar dit is 'n groei proses. In Galasiers leer ons wat die twee paaie is wat vir ons oop le. Ons is geneig om die sondige pad te loop maar as ons bewus raak van wat die Gees in ons lewe wil en ons ons daarop toespits kry ons dit reg om meer geduldig meer verdraagsaam en meer simpatiek te wees met ander mense. Die nuwe lewe in die Gees word dan meer 'n werklikheid vir ons. Hoe meer ons besig is met die werk van die Gees hoe beter gaan dit met ons keuses. Al hierdie dinge gebeur nie uit ons eie krag nie maar met die inwerking van die Heilige Gees. Hoe later hoe meer word ons ook bewus van hoe die Gees kragtig in ons werk. Die uitdaging vir ons as Christene is om meer en meer beheer te word deur die Heilige Gees.



3 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page