top of page
rassie117

Genesis 32

Genesis 32 : 22-32

Wat doen ons as kinders van die Here in 'n toestand van wanhoop en angs?


Inleiding

Daar kom tye in ons lewe wat alles net donker raak en geen hoop meer vir ons in die vooruitsing is nie. Die vraag is hoe reageer die Here, ons Vader en beskermer hierop?


Jakob word gekonfronteer met sy verlede en sy toekoms

Jakob die berdrieër het by die spruit van Jabbok op 'n punt gekom waar hy in wanhoop en angs verval het. Sy broer Esau was oppad met vierhonderd manne om hom te ontmoet en hy was nie seker wat hy te wagte kon wees nie. Hy was bang en het die nag daar alleen oorgebly.


Jakob word gekonfronteer met sy toekoms want hy weet nie of hy nog gaan lewe die volgende dag nie. Hy word ook gekonfronteer met sy verlede, hy is die bedrieër, die een wat vir sy bejaarde vader gelieg het. Hy is egter ook die dief wat sy broer se seën gesteel het. Daarby het hy ook nie 'n goeie verhouding met sy skoonfamilie gehad nie. Met sy hele gesin het hy gevlug van sy skoonfamilie, hierdie was onwettig in die antieke tyd.

Sy lewe lyk hopeloos en sonder toekoms. Hy het by 'n punt gekom waar hy alles wat hy verkeerd gedoen het moet konfronteer.


Jakob word gekonfronteer deur God

God is die eintlike een teen wie Jakob gesondig het, en met wie hy moet regmaak.

Dit is 'n stryd om met God reg te maak en 'n worsteling. Jakob worstel die hele nag. Vir die antieke mense was hierdie worsteling iets wat te doen het met die bo-natuurlike magte. Dit is soos hulle dit verstaan het.


Vir ons vandag is dit vas en gebed. Eeenkeer kon die dissipels nie bose geeste uitdryf nie en toe vra hulle vir Jesus waarom hulle dit nie kon regkry nie, Hy antwoord hulle toe, hierdie geslag kry julle net uit deur, vas en gebed.


Nie net vinnig 'n biddag vir reën nie, nee hierdie is deurnag vas en gebed. Op die manier maak ons reg met God.


Jakob leer die les van geloof

Jakob het gehuil en gesmeek voor die Here en so ook die Kanaanietiese vrou. Op dieselfde manier pleit Hosea met sy eie mense.


Moenie ophou om te vra vir hulp en uitkoms nie. Moenie moeg word om te huil en te smeek voor die Here nie.


En keer terug na God


Slot

Jakob se naam word verander van een waar hy 'n berdrieër was tot een wat staan onder die beheer van God. Nadat hy sy sonde en swakheid gekonfronteer het en laag voor God gebuig het kon hy aanbeweeg. Die Here het hom tegemoetgekom, gehelp en gered.




2 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page