Ons leef in 'n wêreld wat krisis op krisis beleef. Miskien het ons in die verlede nie van alles geweet nie en dit het ons nie so gepla nie. Met al die soorte media tot ons beskikking weet ons nou van al die misbruik en al die ellende op aarde. Daar is baie moontlike oplossings. Baie mense meen nuwe politieke leiers is die oplossing ander meen nasionalisme en die strewe na 'n eie volksidentiteit is die oplossing. Ander weer dink dat tegnologiese en ekonomiese voortuitgang ons kan help. Party meen die klmaatskrisis kan vir ons oplosings bied en sommige meen beter oorlogswapens en die ondersteuning van konflik kan vrede bring. Met die geskiedenis in gedagte en al die lesse wat ons ons geleer het deur die eeue weet ons egter dat niks op aarde enige oplossing bied nie. Ons kan alleen oorleef met nuwe harte en nuwe denke, net God deur die werking van die Heilige Gees kan dit vir ons gee. Deur omgang met die Woord van God en die herontdekking van sy riglyne vir ons kan verandering begin. In ons gedeelte vandag uit 2 Konings 23 lees ons hoe Josia die Woord van God ontdek en hoe die lees daarvan hom in die hart aanraak. Hy stel die diens van God in die Tempel weer in en bring die hele volk terug na die diens van die Here. Josia kry mense om te help en die hele priesterlike leierskorps word herstel in diens van God. Hy begin dadelik om al die afgode uit die land te verwyder sodat die mense alleen op God moet fokus. So vind transformasie in die land plaas. Dit is al wat ons nodig het in die moderne wereld, getransfomeerde mense wat aangeraak is deur die woord van God. Mense wat ondersteun word deur ander wat dieselfde waardes deel en harde werk om ontslae te raak van die afgode wat ons gemeenskappe besoedel.
rassie117
Comments