Die kontras tussen Keiser Augustus en Maria is nogal treffend. Die keiser was die rykste man in die wêreld in daardie tyd. Hy het die hele Egipte as sy private eiendom besit en was ook die Farao of het die plek van 'n Farao beklee. Augustus het egter geen seun gehad nie en dus was daar nie 'n opvolger wat sy plek en natuurlik ook sy eiendom en rykdom kon oorneem nie. Hy het net een dogter met die naam Julia gehad, alhoewel sy twee seuns gehad het het hul albei vroeg gesterf. Sy derde vrou het twee seuns gehad en op die ou end is dit Tiberius sy stiefseun wat die enigste beskikbare opvolger was. Om alles bymekaar te bring het hy toe sy dogter wat op daardie stadium 'n weduwee van 32 jaar oud was met Tiberius laat trou. Hy was gelukkig getroud en moes daardie huwelik verlaat vir Julia. Dit was 'n ramp van die begin af en Julia het betrokke geraak by buite egtelike verhoudings, sy moes verban word. Al was Augustus die magtigste en rykste man in die wereld was sy huisgesin gebroke en hy eensaam. 'n Gebroke mens dit was Augustus.
Maria het weer 'n ander soort van eensaamheid beleef. Die sensus wat uitgeroep is, was gemik op grondeienaars. Josef het dus nog grond in Bethlehem besit, dit was sy grootword plek. Dit is dan onverstaanbaar dat hulle nie blyplek kon kry by enige lid van die uitgebreide familie nie. Was daar dan geen oom of tante, neef of niggie by wie hulle kon gaanbly nie. Miskien was dit omdat Maria swanger was en hulle nog nie getroud nie. Op daardie aand was Maria en Josef ook eensaam en alleen en verlore. Jesus breek in hierdie wereld van gebroke en eensame mense in en hy is almal se verlosser. Hy het gekom vir die keisers en die armes van hierdie wereld. Jesus kom herstel die verhouding met ons Skepper sodat ons vrede en geluk kan hê. Ons is almal gebroke en eensaam mense wat alleen in Christus genees kan word.
Comments