Kader Christene is Christene wat nie 'n idee het wat dit vra om 'n Christen te wees nie en glad nie die kwalifikasies het om 'n dissipel van die Here te wees nie. Hulle dink hulle is daar net vir ulle eie belang. Ongelukkig het ons sulke Christene in die kerk. Hebreers 5:11 tot 6:3 praat van sulke Christene wat nog kinders is in die geloof. Hulle hou daarvan om oor beleidsake te gesels en te stry maar van harde werk verstaan hulle niks nie. Christene is veronderstel om die wyse en vredeliewende mense in die vertrek te wees, die met volwasse idees en insigte. Onvolwasse Christene raak gou kwaad en ongelukkig en omdat hulle baie selfgesentreerd is irriteer die kleinste struikelblok hulle. Die realiteit dat ons slawe van Jesus is en groot verantwoordelikhede in die samelewing het het nog nie posgevat nie. Die feit dat ons geen reg op 'n sagte kommervrye en gemaklike lewe het nie, het nog nie ingesink nie. Daardie groter insig en verstaan van ons diepste roeping as kinders van die Here kom net met die bestudering van God se woord. Hoe meer ons ons verdiep in die Bybel hoe beter kan ons, ons opdrag begryp. Sonder die diepe en grondige kennis van die Here se woord is ons glad nie toegerus en vaardig om Jesus se volgelinge te wees nie. Ons Skrifgedeelte roep ons op om te groei en volwasse te raak in ons geloof sodat ons ons plek met waardigheid kan volstaan. Meer nog sodat ons ten volle toegerus kan wees vir ons taak.
rassie117
Comentários