top of page
rassie117

Lukas 1:39-56

Lukas bring hierdie gedeelte in om die verhale van Johannes en Jesus bymekaar uit te bring. Die twee se verhale het moontlik aanvanklik apart van mekaar bestaan en daar was 'n idee dat hulle niks met mekaar in gemeen het nie. Hulle take en werk loop uiteindelik hand aan hand en daarom is dit belangrik om hierdie wanopvatting reg te stel. Dan volg Maria se loflied en gewoonlik sal so loflied van ander soortgelyke liedere oorgeneem word. In hierdie geval lyk dit baie na die loflied van Hanna. Dit is egter duidelik dat Lukas baie gebruik maak van Ou Testamentiese gedeeltes om sy boodskap deur te kry. Die Here werk met ons op ‘n besondere manier. Hy lei ons stadig in in sy werk en sy taak. So het Hy dit met met Johannes se roeping gedoen. Op die wyse word die samelewing voorberei vir die groot dinge wat gaan volg. Die magnificat van Maria is 'n dank en prys gebed van iemand wat baie bly en dankbaar is dat die beloftes van God waar gaan word en dit met haar hele hart glo.

Maria is 100% oortuig van alles wat die engel vir haar vertel het. Elizabeth het ook alles vir haar bevestig en Maria besing die Lof van die Here:


Wat gaan die Here doen?


1. Hy sien om na die geringes

2. Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan die wat Hom eer.

3. Hoogmoediges jaag hy uitmekaar, Maghebbers ruk Hy van trone af

4. Behoeftiges oorlaai Hy met gawes en rykes gaan met lee hande weg.


Tot die dag van Maria se dood het sy nog absoluut niks hiervan gesien nie. Tog het sy geglo.

Die vervulling van die beloftes van die Here vat soms eeue maar die geboorte van ‘n kind kan die vreugde aanwakker en die bewys wees dat God sy beloftes vervul! Al kom daar niks van waar nie is dit nog steeds ‘n vreugde om oortuig te wees daarvan dat God sy beloftes waar maak. Hy sal dit altyd waar maak daarvan kan ons verseker wees.


Kyk ook na Hebreers 11:36-40 Ander weer het bespotting en lyfstraf verduur, selfs boeie en gevangenskap. Gelowiges is met klippe doodgegooi, in stukke gesaag, met die swaard vermoor. Hulle het rondgeswerf in skaapvelle en in bokvelle. Hulle het gebrek gely, is verdruk en mishandel. Die wêreld was hulle nie werd nie; hulle het rondgeswerf in woestyne en op berge en het in grotte en in gate in die grond gelewe.


En hoewel daar oor hulle almal vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is, het hulle nie verkry wat beloof is nie, omdat God vir ons iets beters beoog het, sodat hulle nie sonder ons die voleinding sou bereik nie.


1 view0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page