Toe Simeon vir Jesus in sy arms geneem het het hy die verlossing wat van God kom fisies gesien. God se verlossing is objektief en nie subjektief nie. Die hang dus nie af van wat binne in ons aangaan nie. Jesus se redding lê buite onsself en het niks te make met ons eie vermoeë nie. Ons word gered uit genade alleen en deur geloof, nie uit eie krag nie. Niks wat ons uit ons eie doen kan ons red nie, alleen deur Jesus se sterwe aan die kruis word ons met God versoen.
Jesus is die volmaakte offer en afsluiting van die Joodse godsdiens en kultus. Met Jesus het die tyd van offerdiere geëindig want Jesus was die finale offerlam.
Komentarze