top of page
rassie117

Lukas 3:1-20 In die historiese Jesus reik God uit na ons.

In Lukas 3 sien ons veral drie belangrike sake aan die orde. Die historiese Jesus en sy werk. Sonder die historiese Jesus val die leer van versoening plat. As daar nie 'n offer aan die kruis vir ons gebring is nie kan ons nie met God en met mekaar versoen word nie.

Dan is dit belangrik om God se inisiatief raak te sien. Uit liefde reik God uit na die mens, dit is nie die mens wat uit gehoorsaamheid uitreik na God nie.

En dan laastens, wanneer God in liefde uitreik na ons dan begin ons verhoudinge en optrede verander. Daar is nou liefde en respek vir mekaar.

Om die histories Jesus te bevestig begin Lukas met 'n stukkie geskiedenis van die jare 27-38. Ons het geen bewyse van die bestaan van 'n historiese Jesus nie. Die kruisiging van Jesus Christus tydens die tegering van Tiberius was so onbelangrik dat niemand in Rome daarvan kennis geneem het nie. Vir my en jou maak dit nie saak nie maar dit was tog nodig vir Lukas om vir sy gehoor iets te gee oor die historiese Jesus. Hier doen hy dit weereens meesterlik.

Daar was 'n geskiedskrywer met die naam Flavius Josephus. Oorspronklik 'n Jood uit die sekte van die Fariseers. Hy word teen sy sin aangestel as generaal tydens die Joodse opstand teen Rome in 66 vC. Na die Romeinse oorwinning gee hy homself oor aan generaal Vespasianus. Om homself uit sy penarie te red tree hy op as 'n profeet en vertel vir Vespasianus dat hy eendag Keiser gaan word. Ingenome met hierdie voorspelling spaar hy Josephus se lewe en vat hom saam Rome toe. Toe Vespasianus uiteindelik keiser word, word Josephus vrygelaat en toegelaat om die Joodse geskiedenis op te skryf. Josephus voeg toe sommer Vespasianus se familienaam (Flavius) by sy eie en noem homself Flavius Josephus.

In daardie geskiedenis maak hy melding van Johannes die Doper en so word Jesus histories geanker in die lewe van Johannes die doper want hy het tog duidelik gese dat hy nie die Messias is nie. Ons het egter nie nodig as gelowiges om die historiese Jesus te vind nie want jy kan nie Jesus vind van onder af nie. As jy Jesus probeer vind vanuit jou menslike bestaan sal jy Hom nie vind nie. As ons egter na Jesus gaan soek in die hemel, vind ons 'n liefdevolle God wat na ons uitreik en dit bring ons by Jesus die verlosser want dit kan nie anders nie. Alle paaie van God se liefde (vir ons) eindig by Jesus Christus aan die kruis. Of dit nou histories bewys kan word of nie. Lukas het egter op 'n meesterlike wyse sy lesers by die historiese Jesus uitgebring d.m.v 'n boek wat melding maak van Johannes die Doper.

Hier is egter ook 'n tweede saak ter sprake in ons gedeelte en dit gaan oor wie die inisiatief neem in ons verlossing. As mens die gedeelte oor Johannes se prediking lees klink dit of Hy sou se dat ons ons moet bekeer en ndan word ons gered. So die boodskap is bekeer julle kry julle lewe in orde en dan mag julle God oortuig om vir julle genadig te wees. Ons gehoorsaamheid is dan 'n uitreik na God om ons genadig te wees en lief te he. Ons het dan die inisiatief om verlos te word. Dit hang van ons gehoorsaamheid en bekering af om gered te word, nie waar nie.

Nee dit is inderdaad verkeerd. Kom ons kyk na Jesaja 40, en na 3:18 wat is die goeie nuus dat ons tot bekering moet kom, nee die goeie nuus is dat God uitreik na ons toe. God steek sy hand uit na ons toe Kyk na Jesaja 1:18 Kom laat ons die saak uitmaak se die Here. God neem altyd die inisiatief om tot ons redding te kom, dit kom nie van ons af nie, dit kom van Hom af. Die probleem is wanneer ons daardie uitgestrekte hand van God wegklap en dit heraaldelik wegklap, dit is die probleem. Die Skrifgeleerdes en Fariseers het God se hand weggeklap kyk na 7:30 Hulle het God se plan met hulle verwerp. God neem die inisiatief met ons verlossing en nie onsself nie. Jou redding hang nie van jou goeie gedrag af nie maar vanGod se genade, en dit gee Hy aan ons oorvloedig.

Nadat Lukas hierdie twee aspekte goed deurgetrap het kom hy by 'n derde aspek. As God uit liefde na ons toe uitreik en Hy doen dit deur Johannes en sy Seun Jesus Christus dan verander dinge. 'n Nuwe Gees vat pos onder mense. Ons word nie net versoen met God nie maar ook met ons medemens. God kom herstel nie alleen ons verhouding met Hom nie maar ook met mekaar. Ons leef nou in harmonie met ons medemens. Die Soldaat hoef nie vir hom ander werk te soek nie maar moet sy werk verantwoordelik en met die nodige sorg doen. Dit geld ook vir die belastinggaarder en dit geld ook vir elke mens. Ons het nou die verantwoordelikheid, omdat God na ons uitgereik het, om uit te reik na mekaar. En dit geld ook vir die breër samelewing en alle leiers.

Op hierdie noot vat hy sommer vir Herodes vas. Dis weer eens 'n histories anker wat hierdie het werklik gebeur. Herodes besoek Rome en ontmoet hierdie aantreklike vrou Herodias en raak verlief op haar. Sy is egter getroud en hy ook. Hy skei van sy vrou 'n meisie van Petra en 'n prinses, die dogter van Aretas IV koning van Petra. Hierdie het nie goed afgegaan nie, Herodus se ex se pa het hom uiteindelik in 'n veldslag verslaan. Jy skei nie van 'n gesiene Arabier se dogter nie, dit gaan jou inhaal en vir Herodes het dit wel sleg te staan gekom. Lukas voltooi sy historese anker dat Jesus geleef het en versterk die boodskap van sorg vir melkaar as die vrugte van bekering.

As God na ons uitreik deur die sterwe van sy seun Jesus Christus dan verander baie dinge en die belangrikste is die versoening tussen God en mens en mens tot mens.


2 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentários


bottom of page