Die Here Jesus het gekom om die mensdom te red en hulle verhouding met God te herstel. In die proses van redding kom ons tot bekering en word weergebore deur die krag van die Heilige Gees. Die ou mens word begrawe en die nuwe word saam met Christus deur die doop opgewek en leef nou die nuwe lewe. Hierdie nuwe leefstyl is radikaal anders as die wêreld. Waar die wêreld dit geniet om vyande te verkleineer sal Christene hulle vyande liefhe en vir hulle bid. Die wêreld hou daarvan om te vergeld maar Christene sal nooit wraak neem nie hulle laat dit aan God oor. Kinders van die Here is vêr verwyderd van die aarde en sy emosionele probleme hulle grootste ambisie is om heilig soos God te wees.
rassie117
Comments