In die eerste vyf boeke van Lukas leer ons alles oor Jesus se persoon en sy herkoms. Vanaf hoofstuk 5 leer ons meer oor Jesus se werk en sy posbeskrywing as mens sommer gewone terme kan gebruik. Om alles wat ons tot dusver geleer het saam te vat kan ons die volgende punte neerstip. Jesus het geleef en het waarlik aan die kruis gestref. Hy was waarlik God en waarlik mens. Daar is baie oor Hom gepraat in die Ou Testament en die profete het sy koms na die aarde verskeie kere voorspel. Hy vervul ook die Ou Testamentiese kultus deur die volmaakte offer vir sonde te wees. Hy het die versoekings van die duiwel weerstaan en het die bose oorwin. Hy het mag oor die natuur en kan siekes gesond maak en blindes laat sien. Hy is waarlik die Seun van God.
Hy roep sy eerste dissipels om saam met hom te werk. Eerste is Simon Petrus waar hy ook ‘n wonder doen met die vangs van die baie vis op die verkeerde tyd van die dag. Petrus val voor Jesus neer en bely dat hy ‘n sondaar is wat nie werd is om in Jesus se teenwoordigheid te wees nie. Hy laat alles net daar en volg Jesus.
Die volgende dissipel wat Jesus roep is Levi die belastingaarder. Jesus word genooi na ‘n feesmaal wat Levi by sy huis aanbied word, toe die Fariseers dit hoor is hulle verbaas dat Jesus by sondaars kuier. Jesus antwoord hulle toe duidelik in :31-32 dat Hy gekom het om sondaars te red want gesonde mense het nie die dokter nodig nie maar siekes wel. Jesus stel daarmee duidelik sy werk op aarde vas. Hy het gekom om verlore mense te red, dit is sy grootste taak. As jy dus dink jy is sonder sonde het jy nie vir Jesus nodig nie. As jy egter verlore en angstig voel dan is Jesus daar om jou by te staan. Wanneer jy uitgelag en vervolg word omdat jy Jesus volg dan is HY by jou. Indien die sonde jou moedeloos en siek maak dan is Jesus gereed om jou te dra en in te staan vir jou swakhede.
In Jesus het jy alles wat jy nodig het, in hom is jy volledig en volkome. Sonder Jesus is jy niks en verlore. Vra vandag dat Jesus jou deel maak van sy gesin en jou opneem in sy koninkryk.
Comments