top of page
rassie117

Romeine 8:18-30

Ons is burgers van God se koninkryk

Ons moenie te gemaklik raak op aarde nie.

Die skrywer van die woorde van Die "Ode of Joy" het besondere insig getoon in die stand van die lewe. Sy, Friedrich Schiller, se woorde laat my dink aan iemand wat 'n versugting het 'n verlange na iets beter. Hy het gesien het dat ons die hemel nie hier gaan hê nie maar iewers op 'n ander plek "Daughter of Elysium" noem hy daardie ander plek. Dit is in Griekse mitologie gesien as die paradys. Met hierdie siening van hom, het hy het dalk 'n klap van Calvyn weg.

Beethoven gebruik hierdie gedig in sy 9de simfonie en skryf die pragstuk in sy donkerste tyd. Hy is doof, baie siek, hy het baie pyn deurleef maar is instaat om 'n absolute meesterstuk te skryf oor die hemel waarheen ons almal oppad is.

Die aarde met sy valse rykdom en die wereld met sy teleurstellings het vir Beethoven sy glans verloor. Hy wil daar niks mee te make he nie. Maar as 'n verantwoordelike vreemdeling en ligdraer skep hy een van die mees ongelooflike pragstukke in musiek wat nog steeds jou hartsnare raak soos geen ander musiekstuk nie. Dit bly vir ons almal 'n ongelooflike inspirasie.

As mens die woorde van Ode of Joy as Christen lees sien jy die diepte van hierdie gedig. Ek haal hier net sekere lyne aan.

"Brothers, beyond the star-canopy must a loving Father dwell.

Do you bow down, you millions? Do you sense the Creator, world?

Seek Him beyond the star-canopy! Beyond the stars must He dwell"


Die Skepping sug van pyn en rou.

Die skepping sug van pyn en rou lees ons in vers 22 en word meegesleur deur die sondige mens. Ons trek die skepping saam met ons af in die pyn en ellende waarin ons onsself geplaas het, en ongelukkig is die spiraal net afdraend. Ons word nie beter nie. Die aarde word stukkend geskeur en verbrand. Ons laai die planeet met gifstowwe en plastiese afval. Ons vernietig ons pragtige diere se habitat en ons verwoes ons woude.

Ons het die aarde ingetrek in ons poel van ellende en daar is ongelukkig geen oplossing nie. Net alleen die herskepping kan die aarde herstel

Ook ons sug van pyn, vers 23. Ons wat die teleurstellings van die wereld telkemale ervaar en beleef het. Ons wat van swaarkry moet leef en uithou. In hierdie tyd sien ons die pyn en lyding van baie mense, nie net as gevolg van die Corona virus nie maar ook as gevolg van volgehoue konflik en gevegte tussen volke en nasies. Tans veroorsaak droogte en springkane ook buitengewone voedsel tekorte. Die pyn en lyding het geen einde nie. Inteendeel dit neem daagliks toe. Ons het onsself in 'n koekon van gemaksug toegemaak en dan skielik word dit ongenadiglik oopgeruk en dit is maar net die begin. Massa emigrasie van mense asook hongersnood is die volgende vlaag wat ons gaan tref en niks gaan dit keer nie.

Ten spyte van dit alles haat ons nie die lewe nie vriende, ons staan sterk soos wagte op die mure ons staan, ons wag tot hulle ons kom haal. Ons stry die stryd met krag en deursettingsvermoeë en ons sal tot die einde volhou. Laat die dood ons verniel laat die siektes ons teister laat die koflikte ons wond ons moet hier deur. Ons sal as Christene sterk staan al is dit met oop wonde en verskeurde harte.

"Run, brothers, your race, Joyful, as a hero to victory"


Die Gees sug ook vers 26

Die Gees sug en huil saam met ons. Ons kan nie sin maak of iets verstaan van wat om ons aangaan nie daarom tree die gees vir ons in en huil en bid saam met ons.

Daar is geen oplossing nie vriende, geen. Die wereld is op die afdraende pad daar is geen sin om aan hierdie wêreld verknog te raak nie en ons mors ons tyd om 'n Utopia te soek.

Ons toekoms is reeds vasgelê, ons het die volle beskerming van God, ons sal by die Here wees, ons is daarheen oppad. Die pyn van hierdie aarde die rou hartseer sorg dat ons gefokus bly op dit wat ewig en goddelik is. Die wonde wat ons hier toegedien word maak dat ons nie te geheg raak aan die wereld nie, dit verdof in aanloklikheid en verswak in aantrekkingskrag. Dit alles gebeur sodat ons nie te verkong raak nie. Kom ons verlang om by die Here te wees.


Ons het al 'n smakie gekry van die Hemel.

Ons het die eerste paaiement daarvan ontvang, die res is verseker. Dit is ons deel. Jesus het gekom om vir ons te sterf en die Heilige Gees is by ons as Trooster! Hoe heerlik en wonderlik is hierdie feite nie vir ons nie. Dit gee vir ons vreugde ten spyte van alles.

"Joy, beautiful spark of the gods"

Met Jesus se koms het ons 'n voorsmaak gekry van die Ewige Koninkryk en dit is wat vir ons voorlê. Die vlam van vreugde sal eendag voluit brand.

Slot

Geseënd is julle wat nou huil want julle sal lag Lukas 6:21. Ons pyn en ons trane is die gebed van ons harte, dit is die oorgawe aan 'n lewende God, 'n vashou aan die lewende God, dit is 'n diep vetroue in Hom die ewige Here. Dit is 'n nederige erkennng dat ons die aarde en sy aanloklikhede nie liefhet nie maar dat ons oppad is na ons hemelse vaderland! Ons hardloop die resies op aarde voluit al is die met trane en pyn want ons weet die wenstreep sal alles die moeite werd wees. Ons leef en werk vir die Koninkryk van God.


1 view0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page