top of page
rassie117

Waar is jy deel?

Ons is almal ver van ons geboorte land en al ons geliefdes hoe raak dit ons?


Ons elkeen stap 'n pad en het dinge waarmee ons deel. Soms sorteer ons dit wat pla vinnig uit en soms neem dit ons ver en lank en moeilik om te verstaan en op 'n punt te kom wat ons weer kan asem haal en mens voel.


Elkeen stap half dieselfde pad op 'n ander manier. Die waarheid is, ons het mekaar nodig, ons het bystand, liefde, aanvaarding en ondersteuning nodig. En die grootste van alles het ons hulp in 'n tyd van benoudheid nodig.


Wat doen jy hier in 'n verland weg van alles en almal wat jy ken wanneer ellende of groot probleme jou tref?


Ons as 'n gemeente staan saam, ons help graag waar dit nodig is, ons verleen hulp aan elkeen.


So kom word deel van ons, word 'n Afrikaanse Kerk in Ierland gemeente, kom ervaar die hulp, liefde, ondersteuning, aanvaarding en nog so veel meer.


Moenie onbepland sonder 'n kerk gemeente jou pad stap nie.


.Gesels gerus met ons Dominee Rassie of Elise ons pastorale hulp vir vroue en kinders.



Baie liefde en groete van ons gemeente.......


14 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page