top of page
elise335

Waarhede vanuit God se woord

Hy straf ons nie volgens dit wat ons regtig verdien nie. Hy vergeld ons nie op dieselfde manier vir al ons slegte dade nie.

Psalms 103:10 DB


So ver as wat die verste punt in die heelal van ons af is, so groot, en nog groter, is die Here se liefde vir elkeen wat Hom dien.

Psalms 103:11 DB


So ver as wat die verste punte van die heelal van mekaar af is, so ver, en nog verder, vat Hy ons sondes se straf van ons af weg.

Psalms 103:12 DB


Net soos ouers hulle kinders met groot liefde versorg, so versorg die Here elkeen wat Hom dien met arms vol liefde.

Psalms 103:13 DB


Die Here weet hoe swak en vol foute ons is. Hy weet dat ons maar net klein en swak mensies is.

Psalms 103:14 DB


’n Mens leef net vir ’n kort rukkie. Jy is maar soos gras wat daarbuite groei.

Psalms 103:15 DB


Wanneer die wind begin waai en die son begin skroei, dan hou dit nie lank nie. Die gras gaan net daar dood. So gaan dit ook met mense.

Psalms 103:16 DB


Daar is geen grense aan die Here se liefde nie. Dit sal vir altyd aanhou vir mense wat hom dien, vir geslagte lank.

Psalms 103:17 DB


Elkeen wat Hom dien en die ooreenkoms nakom wat Hy gesluit het, kan op sy liefde reken. Oor die jare heen help Hy mense. Die Here help almal wat na Hom luister.

Psalms 103:18 DB


Die Here regeer uit die hemel. Hy is die sterkste van almal. Hy heers oor alles.

Psalms 103:19 DB


Kom prys die Here, sterk engele wat vir die Here werk! Julle maak Hom baie gelukkig omdat julle doen wat die Here wil hê.

Psalms 103:20 DB


Kom prys die Here, al julle ontelbare skares in die hemel wat Hom gelukkig maak!

Psalms 103:21 DB


Kom prys die Here, almal en alles wat deur Hom gemaak is! Prys Hom op elke plek waar Hy regeer. Ek wil ook die Here prys met my hele lewe!

Psalms 103:22 DB

6 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page