top of page
rassie117

Waarmee is jy besig?

Gedurende paastyd dink ons weer met dankbaarheid aan wat die Here Jesus vir ons gedoen het. Hy het vir ons gebloei. Hy het die volle prys betaal om ons met die Lewende God van Hemel en aarde te versoen. Hy vas die volmaakte en finale offer vir ons. Voor sy koms na die aarde was ons verlore soos mense wat geen beskerming gehad het nie ons was weerloos en dakloos. Vêr van God en venynig op mekaar. Daar was 'n skeiding tussen ons en God, die voorhangsel het die allerheiligste versluier. God was buite ons bereik. Jesus het daardie voorhangsel kom verwyder. Nou is God met ons. Geen offer is meer nodig nie en geen offer kan meer aangebied word nie. Dit is volbring en afgehandel. Die groot vraag is nou wat doen ons met ons lewens? Maak ons Jesus se offer tel of was dit verniet dat Hy moes ly. As jy voortleef in 'n doellose nuttelose bestaan dan vertrap jy Jesus se bloed en swaarkry. Doen iets mooi met jou lewe, maak 'n bydrae dan sal die Here Jesus kan glimlag a hy na jou kyk en Hy sal weet sy dood was nie verniet nie. Ons kan geen offer meer bring nie maar ons kan ons Here trots maak op ons.



52 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page